MARTJIE
DEUR
JAN F. E. CELLIERS
Skrywer van Ons Leesboek, Die Vlakte en ander Gedigte, Die
Revier, Liefde en Plig, Unie Kantate, Die Saaiër, Jopie Fourie.
Goedgekeur deur die „Zuid Afrikaanse Akadémie
voor Taal, Letteren en Kunst”.
MET VOORWOORD VAN DIE SKRYWER.
VIERDE HERSIENE DRUK
J. H. de BUSSY,
Pretoria, Amsterdam.
HOLL.-AFRIK. UITGEVERS-MIJ. v/h. J. DUSSEAU & Co.,
Kaapstad.
1920.
Regte van Herdruk en Vertaling voorbehou.
Vir ’n skrywer, maar veral vir ’n Afrikaanse skrywer,in die tye wat ons belewe, is dit besonder aanmoedigenden verblydend as hy ondervind dat ’n nuwe druk van sywerk nodig is. Ek dank my landgenote vir die aanmoedigingen ondersteuning, en hoop dat „Martjie” by toenemingsal bydra tot die doel wat ons beoog: opbou vantaal, kuns, nasionaliteit.
In hierdie twede uitgaaf het ek die spelreëls toegepaswat goedgekeur en vasgestel is by die jongste sittingvan die „Zuid Afrikaanse Akadémie voor Taal, Letterenen Kunst”.
Op ’n paar kleine wysiginge na, is die eintlike teksonveranderd gebly.
Ter wille van maat en ritme, en alleen om die rede, hetsommige woorde afwykende vorme gekry, b.v. „ower”in plaas van „oor”, „bowe” in plaas van „bo”, ens. Omdieselfde rede is die dubbele ontkenning hier en daarverwaarloos. Die woordjie „sig” het ek hier en daar nogbehou.
Ten slotte nog ’n enkel woordjie—van eie hand hierdiekeer—oor die aard en vorm van my werkie:
My bedoeling was ’n eenvoudige skildering te gee van’n liefdesverhouding tussen ’n Afrikaanse meisie en jonkmanin Afrikaanse omgewing, ’n algemeen-menseliketema op eie toneel opgevoer. Alle begeerte na avontuurlikheidof ingewikkeldheid in die verhaal was dus uitgesluit.Die inkleding, wat gebeurtenisse, natuurbeskrywing, ens.betref, moes net voldoende wees om, teen passende agtergrond,die hoofmotief duidelik te laat uitkom. Die vraagis alleen in hoever ek geslaag is om hierin harmonie engesonde verhouding te bewaar.
’n Goeie roman huldig dieselfde beginsele, en werk ditalleen breër uit.
Ek het ’n losse en onafhankelike vorm gekies, omdatdaar baie dinge gesê moet word, wat eenvoudige mededelingeis, en net ondigterlike rymelary is as dit op strengemaat en rym gesê word, terwyl poësie in elke vorm goeduitgedruk kan word waar dit in ’n werk voorkom.
Hoewel die vorm los is, is dit darem nie ongebonde nie.Die goeie leser sal dit dadelik sien, en die sangerigheiden maatgang, wat ek bedoel het, tot hul reg laat kom.
Die skrywer.
Pretoria, 20 Oktober 1915.
Na verskyning van die Derde druk, in Januarie 1919,laat ek bowestaande voorwoord ook vir hierdie vierdedruk geld. Die laaste spellingreëling deur die SuidafrikaanseAkadémie goedgekeur in Januarie 1920, wordhier toegepas.
Stellenbosch, Junie 1920.